Raak ontslae
van bye
Read this page in English
Om
ontslae te raak van die bye was nog nooit so vinnig en veilig nie. Ons
is die bye verwydering maatskappy wat die werk gedoen kry, vinniger
as 'n bysteek. Ons lewer 'n goeie gehalte diens aan ons kliënte.
Ons raak al vir baie jare ontslae van bye, en so ons goeie en betroubare
reputasie verdien. Om ontslae te raak van die bye is 'n kuns, wat slegs
deur geduldige en voorbereide mense beoefen word . Ons personeel van
bye verwyderaars is goed met wat hulle doen, en sal verseker dat jy
en jou gesin gelukkig en veilig is.
By verwyderaars
Om ontslae te raak van bye kan gedoen word sonder die benadeling van
die bye. Die swerm bye kan 'n groot swerm wees , en die bynes dalk selfs
groter. Sommige mense wil nie om te sien hoedat die bye vermoor word
nie, daarom is dit beter om 'n by verwyderings maatskappy wat seker
maak dat geen skade gedoen word nie te bel. Ons nommer hoofdoel is om
seker te maak dat die kantoor of huis se mense end die bye veilig is.
Ook om seker te maak die werk word gedoen. Sodra die bye verwyder is,
is die lug sommer helder en die omgewing is veiliger. Ons reis na al
die uithoeke van Johannesburg, om seker te maak dat ons 'n goeie dienste
aan ons kliente lewer.
Veiligheid wanneer bye verwyder word
Omdat die moontlikheid van bysteke groot is, sal ons by verwyderaars
in beskermende drag geklee wees en alles in hulle vermoë doen om
die bye so ongestoord as moontlik te hou en die verwydering spoedig
te voltooi. Dit sal die kanse van 'n kwaai swerm bye heelwat verminder.
Daar is tog 'n paar goed wat u kan doen sou daar 'n bynes op u perseel
gevind word wat tyd sal spaar en enige teespoed met bye wat swerm verhoed.
- Moet nie die spasie waar die bye hulle bevind probeer oopmaak nie.
dws. los liewer die swembadpomp se deksel waar hy is.
- Moet nie buite die korf rond hang nie.
- Verwyder enige kinders en troeteldiere van die area. Hou hulle liewers
binne totdat die bye verwyder is.
- Moet nie probeer om enige insekdoder by die spasie in te spuit nie,
die bye sal onstel word.
- Om die nes of korf aan die brand te steek is glad nie 'n goeie idee
nie!!!
Diens is ons eerste prioriteit
Ons verhouding met ons kliënte is baie belangrik, dit is die
rede waarom ons seker maak om by julle uit te kom, maak nie saak waar
in Suid-Afrika jy is nie. Ons vriendelike personeel, sal na jou toe
kom en hulle bes doen om jou te help met jou probleem. Ons nommer een
doelwit is om altyd ons kliënte met 'n glimlag op hul gesigte en
geen bye in hul huise te laat. Bel ons nou vir 'n bekostigbare kwotasie
!
'n Gelukkige einde!
Wanneer ons bye verwyder neem ons hulle gewoonlik na 'n plaas wat die
beste plek vir hulle is, aangesien daar baie spasie is en die bye kan
voortgaan met die bestuiwing van plante en die maak van heuning, wat
vir hulle en ook vir ons gunstig is.
Soms sal ons gevra word om bye af te lewer en nie om hulle te kom verwyder
nie. Ons doen dit gewoonlik vir iemand wat hulle huiswerk gedoen het
en betrokke wil wees by die bye bedryf.
Diane, is iemand wat kans gesien het om so 'n projek aan te pak, en
as gevolg daarvan het ons twee bye korwe in haar tuin afgelaai. Dit
blyk dat alles nog goed gaan.
Diane het ons laat weet,
"Die bye lyk of hulle floreer, daar is baie aktiwiteit, in
en uit, by albei korwe
Ek het vanoggend die regte toerusting gaan koop en sal more aand by
hulle gaan inloer.
Weereens Dankie
Groete
Diane
Ons sien uit om weer van haar te hoor.
As jy besluit om bye aan te hou
Om bye aan te hou in die manier wat Diane doen is 'n lonende ondervinding is in werklikheid voordelig vir almal wat betrokke is.
- Jy begin met 'n nuwe stokperdjie en voor jy jou oë uitvee het jy vars heuning vir jou spens.
- Die bye het 'n veilige woonplek en daar sal genoeg kos vir hulle wees van die tuin en wat jy verskaf as jy sien dit gaan dalk 'n bietjie swaar.
- Jou tuin sal ook voordeel trek uit die bestywing wat die bye bydra.
Daar is tog 'n paar verantwoordelikhede by byeboerdery betrokke
Byeboerdery as stokperdkie is werklik meer interessant as wat dit harde werk is, want oor die algemeen sorg bye goed vir hulself en verlang rerig bittermin inmenging. Maar hulle sal wel baat as jy monitor dat alles pluis is.
Die belangrike goed om voor op te let is:
- Aktiwiteit by ingang van die byekorf, bye wat in en uit gaan en stuifmeel aan hul bene dra, dui aan dat die bye gelukkig is en hulle eie kos kan invorder.
- Die lewensduur van 'n by is selde so lank soos twee maande dus sal daar altyd 'n dooie by iewers lê, maar as die hoeveelheid dooie by vinnig toeneem is dit 'n teken dat iets nie pluis is nie. Ongelukkig kom bye in aaraaking met giftowwe wat in die tuin gebruik word en dit kan die swermgetalle negatief beinvloed.
- Hou ook 'n ogie op die heuning koek en heuning produksie, dit is 'n goeie aanduiding van die sterkte van jou by kolonie.
- Dis baie belangrik om die byenes te monitor vir tekens van parasiete, daar is behandelings en metodes om ontslae te raak van hierdie tipe pes.
Ons maak seker ons kry die werk gedoen ! !
Skakel nou op
011 482 5135
Last updated August 2014 |