Contact us now:
083 652 0760 (head office)
Message:
Your name:
Tel:
Email:
Hive location: City:
Suburb:
 

Ongewone plek vir 'n bynes

Read this page in English

Bye bou hul korwe in ongewone plekke

Bye bou gewoonlik hulle korwe en vir die kolonie 'n tuiste in stil plekke waar hulle kos by mekaar kan maak en in vrede lewe, dis juis daarom dat hulle uitgehold boomstompe en krake in rotse verkies as 'b plek om nes te bou. Partykeer is hierdie soort plek minder beskikbaar, veral as die bye migreer na 'n dorp en sy voorstede. Dis dan wanneer hulle 'n tuiste maak in enige plek wat hulle behoeftes dek. Ons as bye verwyderaars word soms uitgeroep om bye te verwyder waar hulle hul tuis gemaak het in ongewone plekke wat moelik is om by te kom.

In die vooval waarvan die fotos hierbo is het die dame 'n voëlbad in haar tuin gehad. Die staander het ongelukkig 'n stuk gehad wat uitgebreek was, reg onder die bad deel. Natuurlik het bye die plek wat, koel en stil was in die nabyheid van water as ideaal beskou. En boonop sou die kanse van steuring amper nie bestaan nie.

Die eienaar van die voëlbad het wel agterkom dat bie voëls egter minder was as gewoonlik en op 'n nadere blik agter gekom daar is 'n bynes. So graag wou die dame nie hê dat ons die bye enige leed moet aan doen nie dat sy vir ons die stannder gegee het om weg te neem so dat ons die bye na 'n nuwe korf kan lok sonder om hulle aan te jaag of te ontsel.

Wanneer ons die staander aan haar terug besorg sal sy wel moet seker maak dat al die gate toe geseel is om te verhoed dat sy weer bye kry wat ongenooid by haar in trek.


Bye in 'n tent

Dit wil voorkom as of troues en uit kamp nie alleenlik vir die mensdom is nie. Dit blyk heelwat dat bye ook van 'n lekker opskop hou en as daar iewers in 'n tent na 'n troue onthaal word is hulle sommer eerste daar.
Mens moet maar jou storie ken om al die fyner detail van die trou fees op die regte tyd te laat geskiet, maar moet asseblief nooit probeer om hierdie ongenooide gaste self te verwyder nie. Liefs 'n bietjie laat as 'n ten vol gaste met bysteke. Bel liewer vir ons om die bye vinnig en prfessioneel te kom verwyder.

Uitkamp sal dit dalk vir ons 'n bietjie moeiliker maak om by jou uit te kom maar ons bye verwyderaars het hulle al voorheen in heel vreemde plekke bevind, meers as wat mens sou besef.
Ons is lief vir die buite lewe, so as jy naby die dorp kamp en wil hê ons moet die ongenooide gaste uit die tent verwyder is ons maar 'n telefoon oproep weg.

 


Bye op die dak

So van bye in vreemde plekke gepraat! Bye op die dak raak al hoe meer gewild, mense wil hulle eintlik daar hê. Kantoor werkers in New York neem deesdae die tyd en maak moeite om 'n bye nes te stig en te onderhou op die dak van die kantoor gebou waar hulle werk. Hierdie is wel nie 'n aardigheid nie, bye aan hou was in 1999 deur destydse burgermeester Rudi Giuliani stop gesit en dit is eers in 2010 weer wettig gemaak.

Daar is wel kommer dat die bye sal swerms sal vorm en mense sal steek, maar die korwe is hoog bo op geboue en die mense wat die bye aan hou sal vir seker behoorlike kennisgewings en waarskuwings oral in die omtrek te siene maak. Op hierdie stadium is die enigste gesondheids vereiste dat die water wat uitgesit word vir die bye gereeld vir skoon water omgeruil word om te verhoed dat parasiete an siektes wat in staande water voorkom 'n verskyning maak.

Bye voer op nektar wat hulle van die omliggend plantegroei kry en ook van dit wat hulle op die stad se sypaadjies ensovoorts kan optel. Dit word aangevul deur 'n mengsel suiker en water wat deur die bye boer verskaf word.

Afgesien dat die byeboere gereeld in die buite lug kom om na hul korwe om te sien, leer hulle terselfde tyd en van hulle het 'n stokperdjie omskep in 'n tweede inkomste.


Wat maak bye gedurende die winter

Wanneer die res van die natuur winterslaap deurmaak, sal bye om oorlewing na die nes terugkeur en vir die hele winter daar bly. Op warmer dae sal die bye waag om die korf te verlaat maar vir die duur van die winter sal hulle in 'n bal om die koningin saamdrom en aaneen hulle lywe skud in 'n poging om die koningin warm te hou.

Hierdie bal wriemelende bye is gewoonlik baie dig en die bye ruil posisies om seker temaak dat almal ewe warm kry. Die warmte wat hierdie aktiewiteit skep word gevoed deur die heuning wat in die somer maande deur die bye bymekaar gemaak is.

Aangesien daar geen kos soek gedurende die winter plaas vind nie is die store heuning kosbaar en moet vir die duur van die winter hou. As die heuning store begin daal en en moontlik gaan opraak sal die darre uit die korf geskors word. Dis so omdat hulle bydrae aan die korf aleenlik is om met die koninging te paar.

We are the best bee removal company in South Africa!!
Call now: 083 652 0760

Last updated 24April 2014

Buzz Bee Removals
083 652 0760 (branches throughout South Africa)

We are proud members of The Bee Removal Associtation of South Africa