Contact us now:
083 647 6232 (head office)
Message:
Your name:
Tel:
Email:
Hive location: City:
Suburb:
 

Bysteke

Read this page in English

Jy sal weet jy is deur 'n by gesteek as jy hierdie simptome ervaar:

  • 'n Skerp pyn wat voel of jy met 'n naald gesteek is
  • Rooi en geringe swelling in die omgewing van die angel
  • 'n Klein wit kolletjie waar die angel die vel gebreek het of in baie gevalle is die angel agter gelaat.

In sekere gevalle is die reaksie 'n bietjie meer ernstig en die swelsel sal baie meer opvallend en pynvol wees, hierdie reaksie kan dalk 'n dag of twee nee voordat dit begin sak.

As die simptome voortduur, is 'n besoek aan die dokter of hospitaal 'n goeie idee.

 

By Allergieë

Dis ongelukkig die waarheid dat meeste mense nie weet hulle is allergies vir bye totdat hulle deur een gesteek word nie, wanneer dit dalk te laat kan wees. Om die simptome van 'n bysteek allergie te ken sal jou in staat stel om vinnig op te tree en dus moontlik iemand se lewe red.

Wat is die simptome van 'n bysteek allergie?

Omdat 'n allergiese reaksie vir bysteke dodelik kan wees moet hierdie simptome nooit geignoreer word nie.

  • Die vel sal op die gir reaggeer deur te jeuk of om bleek of bloedrooi voor te kom.
  • Die tong en die keel kan opswel wat asemhaling sal hinder.
  • Die tempo van die pols sal verhoog, maar dit sal nie 'n baie sterk pols wees nie.
  • Lighoofdigheid en flou val kan voorkom, in baie gevalle sal die persoon bewussyn verloor.

Mense wat weet dat hulle allergies is vir bysteke sal oor die algemeen 'n bysteek teenmiddel hê wat hulle by hulle hou of in die nabye omgewing bêre. As jy allergies is vir bye is dit raadsaam om vir jou die teen middel aan te skaf an ook jouself inlig oor hoe om die toestel te gebruik.

As 'n bysteek slagoffer enige van hierdie simptome vertoon maar nie enige van die voorgeskrewe medikasie byderhand het nie is dit krities dat hulle so gou moontlik by 'n dokter of 'n hospitaal uitkom.

 

We are the best bee removal company in South Africa!!
Call now: 083 647 6232

Last updated November 2013

Buzz Bee Removals
083 647 6232 (branches throughout South Africa)

We are proud members of The Bee Removal Associtation of South Africa